Daar is 'n tyd vir alles.
Opsomming van Bepalings en Voorwaardes:
- U mag materiaal aflaai en kopieër met 'n paar beperkings.
- U toegang en gebruik van die webwerf is op u eie risiko, ons neem nie verantwoordelikheid vir enige skade of beserings nie.
- U word nie toegelaat om enige ongewenste materiaal op te laai of te plaas nie.
(Die volle dokument mag dalk lank lyk, maar dis om onsself en ons webwerf-gebruikers te beskerm).
Inhoud
1. Inleiding
2. Kopiereg en handelsmerke
3. Ontkenning van aanspreeklikheid
4. Eksterne skakels
5. Publieke forums en Voorleggings van gebruikers
6. Geen onwettige of verbode gebruik van die webwerf
7. Verklaring van Privaatheidsbeleid
8. Algemeen
1. Inleiding
Die eienaar van hierdie webwerf, insluitend medewerkers, filiale en geaffilieerdes ("webwerf" of "Webblad Eienaar" of “Moadim-webwerf” of “Moadim Media” of "ons") verskaf die inhoud en materiaal vervat op hierdie webtuiste of enige van die webbladsye waaruit uit die webwerf bestaan ("webwerf") vir besoekers, lesers en/of gebruikers ("gebruikers") (gesamentlik na verwys as “u”, "jy" of "jou" hieronder), onderhewig aan die bepalings en voorwaardes uiteengesit in hierdie gebruikersooreenkoms (ooreenkoms), en op voorwaarde van jou aanvaarding sonder wysiging van die bepalings, voorwaardes, en kennisgewings wat hierin vervat is. Enige ander relevante bepalings, voorwaardes, beleid en kennisgewings wat van toepassing mag wees op 'n spesifieke artikel, webbladsy, subdomein of module van hierdie webwerf of op die webwerf self is ingesluit onder hierdie ooreenkoms.
Tensy hierin anders gespesifiseer, maak hierdie ooreenkoms die totale ooreenkoms tussen die gebruiker en Moadim Media uit met betrekking tot die Moadim-webwerf en vervang alle vorige of gelyktydige kommunikasies en voorstelle, hetsy elektronies, mondeliks of skriftelik, tussen die gebruiker en Moadim Media met betrekking tot die Moadim-webwerf. ‘n Gedrukte weergawe van hierdie ooreenkoms en van enige kennisgewing wat gegee word in elektroniese vorm sal toelaatbaar wees in geregtelike of administratiewe handelinge gegrond op of verwysende na hierdie ooreenkoms tot dieselfde mate en onderhewig aan dieselfde voorwaardes as ander sakedokumente en rekords wat oorspronklik in gedrukte vorm verskaf en onderhou is.
Jou gebruik van die Moadim-webwerf bevestig jou aanvaarding van alle terme, voorwaardes en kennisgewings. Moadim Media behou die reg om die bapalings, voorwaardes en kennisgewings op grond waarvan die Moadim Media-webwerf aangebied word sonder kennisgewing te verander.
2. Kopiereg en handelsmerke
Moadim Media behou die kopiereg voor vir alle aspekte van hierdie webwerf wat deur ons verskaf is. Dit sluit in die uitleg, ontwerp, foto’s, teks, artikels, inligting en enige ander inhoud (materiaal). Bydraes deur ander verskaffers is onder kopiereg van die betrokke verskaffers (afbeeldings van kunswerke mag dus nie gekopieër word sonder die betrokke kunstenaar se skriftelike toestemming nie).
U is welkom om enige van ons materiaal gratis af te laai of te kopieër, onderhewig aan onderstaande voorwaardes:
1.Die materiaal mag gedeeltelik of volledig aangehaal word, maar dit mag nie verander word nie.
2.Erkenning moet gegee word aan Moadim Mediae of die betrokke skrywer.
3.Dit mag nie buite konteks of kwaadwillig gebruik word nie.
Die handelsmerke, name, logo's, embleme en merktekens (gesamentlik "handelsmerke") wat vertoon word op hierdie webwerf behoort aan die eienaar van hierdie webwerf. Niks op hierdie webwerf sal beskou word as die toekenning van enige lisensie of reg om enige handelsmerk te gebruik sonder die voorafgaande skriftelike toestemming van die eienaar van hierdie webwerf nie.
Handelsmerke mag verskyn op enige materiaal wat van ons webwerf afgelaai word (en dit word outomaties gedruk indien u ‘n bladsy uitdruk), maar dit mag nie verander word nie. Materiaal kan sonder die handelsmerke gebruik word, maar nie sonder die nodige erkenning aan Moadim Media of die betrokke skrywer nie.
3. Ontkenning van aanspreeklikheid
Alhoewel ons ons bes probeer om seker te maak dat alle inligting op hierdie webblad op datum, feitelik korrek en akkuraat is, lewer die eienaar van hierdie webwerf of enige derde party of inligting of inhoud verskaffer geen waarborge en maak geen voorstelle, hetsy uitdruklik, geïmpliseer in die wet of residueel, aangaande die volgorde, akkuraatheid, volledigheid of betroubaarheid van inligting, menings, kommentaar, navorsing inligting, data en / of inhoud wat op die webwerf (met inbegrip van maar nie beperk tot enige inligting wat deur 'n derde party of inligting- of inhoudverskaffers voorsien word) ("inligting" ) en sal nie op enige wyse deur enige inligting vervat op die webwerf gebind word nie. “Inligting” sluit ook in alle produkte en dienste wat deur ons, gebruikers of ander partye verskaf word.
Die webwerf-eienaar behou die reg voor om, sonder kennisgewing, enige inligting, aspek, diens of kenmerk van hierdie webwerf tyd te verander of te staak. Inligting word aangebied vir inligting doeleindes en is nie bedoel vir doeleindes van handeldryf nie. U en/of u organisasie, besigheid, groep, gemeente of kerk (organisasie) maak op u eie risisko van die inligting gebruik wat op hierdie webwerf voorkom.
Die eienaar van hierdie webwerf maak geen waarborge (warranties), voorstellings, stellings of waarborge (guarantees) (hetsy uitdruklik, geïmpliseer in die wet of residuel) van die webwerf, die inligting vervat op die webwerf, u of u organisasie se persoonlike inligting of materiaal en inligting ontvang of gestuur oor ons stelsel nie, tensy uitdruklik so aangedui. Alle inligting, produkte, dienste en verwante grafika word voetstoots sonder enige waarborg en voorwaarde van enige aard verskaf. Moadim Media en/of sy verskaffers maak geen aanspraak op of aanname oor die geskiktheid, beskikbaarheid, betroubaarheid, verhandelbaarheid of akkuraatheid van inligting, produkte, dienste en verwante grafika wat op die webverf voorkom vir enige doeleindes nie.
Enige raad en kommentaar wat op die webwerf voorkom is slegs die opinie van die betrokke skrywer en ons aanvaar geen aanspreeklikheid daarvoor nie en u maak daarvan gebruik op eie risiko. U moet ‘n gepaste professionele persoon raadpleeg vir spesifieke raad wat vir u situasie geskik is vir persoonlike, mediese, wetlike, finansiële of enige ander besluite.
Die eienaar van hierdie webwerf maak geen waarborg of voorstelling dat die inligting op die webwerf geskik is vir gebruik in enige jurisdiksie nie. Deur die webwerf te besoek of te gebruik, verseker u en stel u uself voor aan die webwerf eienaar as wetlik geregtig om dit te doen en dat u gebruik mag maak van die inligting wat beskikbaar gestel word via die webwerf. Ons is nie verantwoordelik vir die vertaling of vertolking van die inhoud nie. Ons is nie verantwoordelik vir enige stellings wat moontlik as lasterlik beskou kan word volgens enige wette van die leser se land van herkoms nie. Alle inligting word verskaf op ‘n “soos dit is” basis met geen waarborge of verlening van enige regte nie.
Die webwerf-eienaar is nie verantwoordelik, en verwerp alle aanspreeklikheid, vir enige skade (hetsy direkte, indirekte, toevallige, spesiale, gevolglike of strafbare skade of enige skade hoegenaamd), verlies, aanspreeklikheid, persoonlike besering of dood, of onkoste van enige aard hoegenaamd wat deur u of enige derde party (insluitende u organisasie of werkgewer) gely word, as gevolg van, of wat toegeskryf mag word, direk of indirek, aan u toegang tot en gebruik van of vertroue op die webwerf, insluitend u verlies of gebrek aan toegang of gebruik van die webwerf, en enige inligting vervat daarop, selfs as Moadim Media of enige derde party geadviseer is aangaande die moontlikheid van skade nie. Inligting sluit in alle opinies, vertolkings, aanhalings en kommentaar, asook u of u organisasie se persoonlike inligting of materiaal en inligting wat ontvang en gestuur word oor of deur ons stelsel. Indien u ontevrede is met enige deel van die webwerf of met enige van die gebruiksvoorwaardes is u enigste en eksklusiewe manier om dit reg te stel om op te hou om die webwerf te gebruik, of om dit te aanvaar soos dit is en voort te gaan om dit te gebruik.
Enige stellings wat gemaak word in enige teks is net die vertolings en oorwoë menings van die skrywers betreffend die wese en betekenis van die Skriftuurlike teks, en moet dus nie beskou word as ‘n verklaring of identifisering met leerstelligs van enige bediening, organisasie, individuel, of beweging in Judaïsme, in die Christendom of in Messianisme nie. Die menings op hierdie webwerf weerspieël nie noodwendig die standpunt van Moadim Media nie. Die inhoud is nie bedoel om enige individu, maatskappy, organisasie, kultuurgroep of godsdiens kwaadwillig te beswadder of kwaad aan te doen nie. Alle data en inligting op hierdie webwerf is daar vir inligting, opvoeding en/of vermaak doeleindes.
4. Eksterne skakels (hyperlinks)
Eksterne skakels na webbladsye en webwerwe van derde partye (“gekoppelde webwerwe”) mag voorsien word vir u gemak en voordeel, maar hulle is buite ons beheer en geen voorstelling omtrent die inhoud daarvan word gemaak nie. Gebruik of die staatmaak op enige eksterne skakel en die inhoud daarop voorsien is op u eie isiko, ons is nie verantwoordelik vir die inhoud van enige gekoppelde webwerwe nie. Dit sluit in enige skakel in ‘n gekoppelde webblad asook enige veranderinge of opdaterings aan ‘n gekoppelde webblad. Die voorsiening van hierdie skakels is op geen manier enige aanduiding van Moadim Media se onderskrywing, ondersteuning, goedkeuring of beleid ten opsigte van die inhoud van derde partye se webwerwe of webblaaie nie. Ons is nie verantwoordelik vir “webcasting” of enige ander vorm van oordrag wat van enige gekoppelde webwerf ontvang word nie. Wanneer u eksterne skakels besoek moet u verwys na die eksterne webtuistes se bepalings en voorwaardes van gebruik. U is welkom om skakels te maak vanaf ‘n webwerf onder u beheer na hierdie webwerf toe, maar slegs indien dit vrienskaplik is. (U het die reg tot u opinie en wat u glo, en ons vra dat u ons dieselfde reg gun. Ons verwelkom dialoog, maar soek nie konfrontasie nie).
5. Publieke forums en Voorleggings van gebruikers
Die Moadim-webwerf kan publieke forums, kennisgewingborddienste, geselskamers, blogs, nuusgroepe, gemeenskaplike webbladsye, persoonlike webbladsye of ander boodskap- of kommunikasiefasiliteite bevat wat ontwerp is om jou in staat te stel om met die publiek in die algemeen of met 'n spesifieke groep of individueel te kommunikeer (saamgevat as "publieke forums" of “kommunikasiedienste).
U stem in dat u die publieke forums slegs sal gebruik om teks, kennisgewings, webbladsye, skakels, boodskappe, kommentaar, artikels, terugvoer, voorstelle, lerings, vrae, opinies, beeldmateriaal, klankmateriaal en besprekings of enige ander tipe kommunikasie in enige formaat (saamgevat as “materiaal” of “voorleggings) te voorsien, te plaas, in te gee, te stuur, op of af te laai of op enige manier en wyse te versprei of moontlik maak om te versprei (“kommunikasie” , “publiseer” of “kommunikeer” ) wat goed en aanvaarbaar is en wat verband hou met die besondere publieke forum.
Enige materiaal (hetsy deur u of enige ander gebruiker geplaas) word nie noodwendig onderskryf, nagegaan of goedgekeur deur die webwerf-eienaar nie. Moadim Media het geen verpligting om die materiaal en publieke forums te monitor nie. Moadim Media behou die reg om te alle tye, in ons uitsluitlike diskresie, enige materiaal te wysig of te verkort indien nodig, of om te weier om dit te pos of gedeeltelik of in die geheel te verwyder. Die webwerf-eienaar is nie verantwoordelik vir enige materiaal wat deur u ingedien of geplaas word nie.
Moadim Media maak geen aanspraak op die eienaarskap van die materiaal wat u aan hulle verskaf of op enige Moadim-webwerf publiseer nie, maar met u publisering daarvan gee u die nodige toestemming aan Moadim Media en hul medewerkers om u voorlegging te gebruik met die bedryf van die webwerf en hul Media, insluitend, sonder beperking, die reg op: kopiëring, verspreiding, versending, vertoning in die openbaar, die openbare uitvoering, reproduksie, redigering, vertaling en herformatering van u voorlegging, en om u naam te publiseer in verband met u voorlegging.
Deur u voorlegging te publiseer, waarborg en verklaar u dat u alle regte tot die voorlegging besit of beheer soos wat dit in hierdie ooreenkoms beskryf word, insluitend en sonder beperking alle regte wat nodig is vir u om die voorleggings te voorsien, te plaas, op te laai of in te gee.
Geen vergoeding sal betaal word met betrekking tot die gebruik van u voorlegging, soos hierin voorsien nie. Moadim Media is onder geen verpligting om enige materiaal wat u voorsien, te gebruik nie en kan enige voorlegging te eniger tyd op grond van hul uitsluitlike diskresie verwyder.
Wees altyd versigtig met die plasing van enige persoonlike inligting oor uself of u kinders in ‘n publike forum. Moadim Media het geen beheer oor en onderskryf ook nie die inhoud van materiaal op die publieke forums nie, en gevolglik is Moadim Media spesifiek gevrywaar van enige aanspreeklikheid met betrekking tot enige publieke forum of kommunikasiediens en enige eise of aksies wat voortspruit uit u deelname of gebruik daarvan.
Materiaal wat op ‘n publieke forum geplaas word, kan onderhewig wees aan beperkings op die gebruik, reproduksie of verspreiding daarvan. U is persoonlik verantwoordelik daarvoor om aan sodanige beperkings te voldoen wanneer u die materiaal aflaai.
Daar word voorsiening gemaak vir kommentaar en insette van gebruikers en lesers in die belang van vryheid van spraak. Dit word gewoonlik nie noodwendig gemodereer nie, maar kommentaar wat irrelevant, beledigend, lasterlik of andersins irriterend is, staan ‘n kans om verwyder te word. Die feit dat enige kommentaar op die webwerf bly sal OP GEEN MANIER ‘n onderskrywing deur Moadim Media van enige standpunt, beweerde feit of skakel wat voorsien is, uitmaak nie.
Moadim Media behou die reg voor, in sy uitsluitlike diskresie, om u toegang tot die Moadim-webwerf of enige gedeelte daarvan ter enige tyd op te skort, sonder kennisgewing. Die webwerf-eienaar behou die reg voor om enige materiaal te verwyder wat deur u voorgelê, geplaas of opgelaai is in ‘n openbare area, sonder kennisgewing aan u, as dit daarvan bewus word en bepaal in sy uitsluitlike en absolute diskresie, dat u besig is met of daar is die kans dat u kan, insluitend maar nie beperk nie tot -
5.1 laster, misbruik, teister, dreig, aanhoudende kontak of andersins skending van die regte (soos reg tot privaatheid en publisiteit) van ander gebruikers of enige derde party;
5.2 die publisering, pos, oplaai of verspreiding van lasterlike, onvanpaste, vuil, onbetaamlike, onwelvoeglike of onwettige materiaal of inligting;
5.3 die pos of oplaai van lêers wat virusse bevat, skadelike lêers of enige ander soortgelyke sagteware of programmatuur wat die werking van die eienaar van hierdie webwerf en / of 'n derde party se rekenaarstelsel en / of die netwerk skade aandoen;
5.4 die oplaai van lêers wat sagteware of ander materiaal bevat wat deur intellektuele eiendomswette of private of openbare regte beskerm word, tensy u self die regte daartoe besit of beheer of al die nodige toestemming daarvoor verkry het;
5.5 die aflaai van enige lêer wat deur ‘n ander gebruiker van ‘n kommunikasiediens opgelaai is wat u weet, of redelikerwys behoort te weet, nie wettig op so ‘n manier versprei mag word nie;
5.6 die voorlê van inhoud met bemarking of promosiemateriaal wat bedoel is om sake mee te doen, of enige goedere of dienste vir sakedoeleindes adverteer of te koop aanbied of verkoop nie, tensy so ‘n kommunikasiediens spesifiek sulke boodskappe toelaat;
5.7 die oortreding van kopiereg, handelsmerk, ander toepaslike nasionale of internasionale wette of die intellektuele eiendom van die eienaar van hierdie webwerf of enige ander derde party;
5.8 die bedryf of aanstuur van opnames, kompetisies, piramideskemas of kettingbriewe;
5.9 die vervalsing of uitwissing van outeurverwysings of bydraes, wetlike of ander kennisgewings of eiendomsaanduidings of etikette of die oorsprong of bron van sagteware of ander meteriaal in ‘n lêer wat opgelaai is;
5.10 die beperking of weghouding van enige ander gebruiker van die gebruik van die kommunikasiedienste;
5.11 die oortreding van enige gedragskode of ander riglyne wat op enige spesifieke kommunikasiediens van toepassing is;
5.12 die versameling van inligting oor ander, insluitende e-posadresse, sonder hul toestemming;
5.13 die oortreding van enige toepaslike wette of regulasies.
6. Geen onwettige of verbode gebruik van die webwerf
As 'n voorwaarde van u gebruik van die Moadim-webwerf, gee u aan Moadim Media die waarborg dat u nie die Moadim-webwerf vir enige doel wat deur hierdie ooreenkoms verbied word sal gebruik nie. Jy mag nie gebruik maak van die Moadim-webwerf op enige wyse wat die webwerf kan skade doen, oorlaai, onbruikbaar maak of inmeng met enige ander party se gebruik van die Moadim-webwerf nie. Jy mag nie enige materiaal verkry of poog om te verkry of inligting bekom op enige wyse wat nie doelbewus beskikbaar gestel of voorsien word deur die Moadim-webwerf nie.
U stem verder in om nie die webwerf te gebruik vir die stuur van enige boodskap of materiaal wat onwettig, intimiderend, lasterlik, beledigend, onfatsoenlik, dreigend, gevaarlik, vuil, obseen, seksueel georiënteerd, rassisties, onheilig of pornografies is nie, of enige toepaslike wet oortree nie, en u vrywaar hiermee die webwerf-eienaar teen enige verlies, aanspreeklikheid, skade of onkoste van enige aard waaraan die eienaar van hierdie webwerf of enige derde party mag ly wat veroorsaak is deur of toe te skryf is aan, hetsy direk of indirek, u gebruik van die webwerf om so 'n boodskap of materiaal te stuur of te plaas.
7. Verklaring van Privaatheidsbeleid
7.1 Ons verbintenis tot privaatheid
Moadim Media is verbind tot die beskerming van u privaatheid. In hierdie verklaring beskryf ons die aanlyn-inligtingspraktyke wat gebruik word op ons webwerf, en die keuses wat u kan maak oor die manier waarop u inligting versamel en gebruik word. Deur u gebruik van die Moadim Media webwerf, stem u in tot en gee u toestemming vir die inligtingspraktyke wat beskryf word in hierdie verklaring.
U word aangeraai om die privaatheidsverklarings van webwerwe wat u deur middel van skakels besoek te lees. Moadim Media is nie verantwoordelik vir die privaatheidsverklarings of ander inhoud op webwerwe van derde partye nie.
7.2 Versameling van jou persoonlike inligting:
Wanneer u die webwerf besoek of gebruik word sekere anonieme en demografiese inligting outomaties versamel vir algemene statistiese doeleindes. Hierdie inligting sluit in maar is nie beperk nie tot die volgende: die soort webblaaier wat u gebruik en die geografiese ligging daarvan, name van webblaaie wat u besoek, artikels of skakels waarop u kliek of aflaai en u toegangstye.
Moadim Media versamel ook persoonlike inligting soos u eposadres, gebruikersnaam en enige ander inligting wat u verskaf wanneer en indien u as gebruiker registreer. Hou asseblief in gedagte dat enige inligting wat u op ons webwerf verskaf, moontlik ook deur ander versamel en gebruik kan word.
7.3 Die gebruik van u persoonlike inligting
Moadim Media versamel en gebruik u persoonlike inligting om die Moadim-webwerf te bedryf en te verbeter. U gebruikersnaam word gebruik om u as ‘n geregistreerde gebruiker uit te ken wanneer u aanlyn gaan. As ‘n geregistreerde gebruiker het u toegang tot die volgende funksies:
- U kan kommentaar lewer op die inhoud van die webwerf.
- U kan inteken vir nuusbriewe per e-pos.
U e-pos adres word slegs deur ons gebruik vir kommunikasie per e-pos tussen u en onsself. E-posse vanaf Moadim Media sal gewoonlik die @moadim.za.org domeinnaam gebruik. U e-pos adres word ook gebruik indien u ingeteken het op ‘n nuusbrief, of om kennisgewings aan u te stuur. U het die keuse of u e-pos van ons wil ontvang of nie, en u kan ter enige tyd u keuse verander. Indien u goedkeuring verleen, mag ons van tyd tot tyd ook aanbiedinge van derde partye insluit by ons nuusbriewe of kennisgewings, indien ons voel dis relevant. Weereens is dit u keuse en u kan u keuse enige tyd verander.
U E-POS ADRES INLIGTING WORD GEENSINS GEDEEL MET ENIGE BUITE PARTY NIE.
Wanneer geregistreerde gebruikers op ‘n dorp of stad se naam kliek op hul persoonlike bladsye (“My Info”), dan word ander gebruikers met dieselfde dorp of stad se naam gelys volgens hul gebruikersname (hierdie funksie is slegs beskikbaar indien u u naaste dorp of stad se naam op u persoonlike bladsy ingevul het). Gebruikers se e-pos adresse word nie gelys wanneer ander gebruikers op hul dorp of stad se naam kliek nie, slegs hul gebruikersname word vertoon. Indien u ‘n e-pos wil stuur kliek u net op ‘n gebruikersnaam en ‘n e-posbladsy sal verskyn waar u u boodskap kan intik. Gebruikers se e-posadresse is dus nie sigbaar vir ander gebruikers nie.
Moadim Media sal jou persoonlike inligting sonder kennisgewing openbaar maak slegs as die wet dit vereis of in goedertrou dat sulke optrede is nodig om: (a) te voldoen aan die vereistes van die wet met regsprosedures wat op Moadim Media of die webwerf bedien is, (b die regte of eiendom van Moadim Media te beskerm of verdedig, en (c) in dringende gevalle op te tree om die persoonlike veiligheid van die gebruikers van Moadim Media, of die publiek, te beskerm.
7.4 Toegang en verandering van u inligting
U het toegang tot al u persoonlike inligting op ons webwerf, en u kan dit ook self verander. Dit is dus vanselfsprekend dat u u gebruikersnaam en wagwoord geheim hou sodat iemand anders dit nie kan verander nie. Ons doen ons bes om u inligting vertroulik te hou, maar ons dra geen verantwoordelikheid daarvoor indien iemand anders u inligting wederregtelik verander nie.
8. Algemeen
8.1 Die hele ooreenkoms.
Hierdie webwerf bepalings en voorwaardes vorm die uitsluitlike rekord van die ooreenkoms tussen u en die webwerf-eienaar in verband met u gebruik van die webwerf. Nie u of die eienaar van hierdie webwerf sal gebind word deur enige uitdruklike of geïmpliseerde stilswyende voorstelling, volmag, belofte of soortgelyke nie hierin opgeneem nie. Tensy spesifiek anders vermeld vervang hierdie webwerf bepalings en voorwaardes alle vorige verpligtinge, ondernemings of voorleggings, hetsy geskrewe of mondeling, tussen u en die webwerf-eienaar ten opsigte van u gebruik van die webwerf.
8.2 Verandering
Die webwerf eienaar kan te eniger tyd enige relevante bepalings en voorwaardes, beleid of kennisgewings verander. U erken dat u deur die webwerf van tyd tot tyd te besoek, uself verbind tot die huidige weergawe van die relevante bepalings en voorwaardes ("die huidige weergawe") en, tensy anders vermeld in die huidige weergawe sal alle vorige weergawes vervang word deur die huidige weergawe. U sal verantwoordelik wees vir die hersiening van die dan huidige weergawe elke keer as u die webwerf besoek.
8.3 Konflik.
Indien enige konflik of teenstrydigheid tussen die bepalings van hierdie webwerf bepalings en voorwaardes en enige ander relevante bepalings en voorwaardes, beleid of kennisgewings voorkom, sal sodanige relevante bepalings en voorwaardes, beleid of kennisgewings wat spesifiek betrekking het op 'n spesifieke gedeelte of module van die webwerf voorrang geniet ten opsigte van u gebruik van die betrokke artikel of module van die webwerf.
8.4 Afstanddoening.
Geen toegewing wat u of die webwerf-eienaar aan die ander kan gee sal 'n opheffing van die reg vorm of enige van die bestaande en toekomstige regte van die gewer in bepalings hiervan beperk nie, behalwe in die geval of tot die mate dat die gewer in 'n geskrewe dokument ‘n ondertekende uitdruklik kwytskelding of beperking van sodanige regte onderteken het.
8.5 Sessie.
Die webwerf-eienaar is geregtig om alle of enige van sy regte en verpligtinge in bepalings van enige ander relevante bepalings en voorwaardes, beleid en kennisgewings aan 'n derde party te sedeer, delegeer en toe te ken.
8.6 Skeiding.
Alle bepalings van enige toepaslike bepalings en voorwaardes, beleid en kennisgewings is, ondanks die wyse waarop hulle is saam gegroepeer of taalkundig verbind is, skeibaar van mekaar. Enige bepaling van enige relevante bepalings en voorwaardes, beleid en kennisgewings, wat onafdwingbaar is of word in enige jurisdiksie, hetsy weens nietigheid, ongeldigheid, onwettigheid, ongeoorloofheid of vir watter rede ook al, sal, slegs in so 'n bevoegdheid en slegs in die mate wat dit so onafdwingbaar is, beskou word as pro non scripto en die oorblywende voorsienings van enige toepaslike bepalings en voorwaardes, beleid en kennisgewings bly in volle krag en effek. Sodanige ongeldige of ontoepasbare bepaling of voorwaarde sal vervang word deur ‘n geldige of toepasbare bepaling of voorwaarde wat die naaste is aan die doelstellling van die oorspronklike bepaling of voorwaarde.
8.7 Toepaslike wette.
Enige ander relevante bepalings en voorwaardes, beleid en kennisgewings sal beheer word deur en vertolk word in ooreenstemming met die wette van Suid-Afrika. U stem hiermee toe tot die eksklusiewe jurisdiksie van die Landdroskantoor van Kaapstad ten opsigte van enige dispute wat ontstaan in verband met die webtuiste, of enige relevante bepalings en voorwaardes, beleid en kennisgewings of enige saak wat verband hou met of in verband daarmee.
8.9 Vertolking en toepassing van ooreenkoms
Enkelvoud sluit in meervoud, manlik sluit in vroulik en samevattende terme is van toepassing in enige en alle klousules. Samevatttende terme word geag om so omvattend en breedvoering as moontlik te wees.Indien daar enige onduidelik bestaan oor enige klousule, sal die bedoeling gesoek word in die Engelse weergawe van hierdie ooreenkoms. Indien daar steeds onduidelikheid bestaan, sal die bedoeling, volgens die eienaar van die webwerf, van krag wees.
Gebruik van die Moadim-webwerf is nie gemagtig deur enige jurisdiksie wat nie toestem tot al die bepalings en voorwaardes van hierdie ooreenkoms nie. U stem toe dat geen gesamentlike bedryfs-, venootskaps-, indiensnemings- of agentskapsverwantskap tussen u en Moadim Media bestaan as gevolg van hierdie ooreenkoms of die gebruik van die Moadim-webwerf nie.
8.8 Kommentaar of Vrae
As u enige vrae, kommentaar of klagtes het in verband met die webwerf, bepalings en voorwaardes, beleid en kennisgewings of die manier waarop ons u persoonlike inligting hanteer kontak ons asseblief.