Daar is 'n tyd vir alles.

Omtrent ons

Moadim is 'n Hebreeuse woord wat "bestemde tye" bekeken.
Vir alles is daar 'n tyd.
Moadim Media versprei boodskappe wat op die Bybel gebaseeer is.
Ons glo dat die hele Bybel die Woord van God is, en dat ons dit moet bestudeer en toepas.

Kern oortuigings

  1. Daar is net een Ware God en Sy Naam is Jehovah/Jahweh1.
  2. Jeshua2 / Jesus is die Messias. Hy is die Seun van God.
  3. Jeshua is die Woord wat vlees geword het.
  4. Die Eenheid van Jehovah (Die Vader), Jeshua (die Seun) en die Heilige Gees (Ruach Hakodesh) is volmaak en uniek.3
  5. Verlossing is slegs uit genade, deur geloof in Jeshua wat ons met die Vader versoen het deur sy bloed, nie deur werke nie, maar geloof sonder gehoorsaamheid is dood. (Lering hieroor volg)
  6. God se verbonde is ewig. Hy is betroubaar. God verander nie.
  7. Die hele Skrif is deur God geïnspireer en aan ons gegee om ons reg te lei. 

 


1. Die algemeenste uitspraak volgens Hebreeuse geleerdes, sommige mense verkies ander uitsprake. 
2. Die oorspronklke Hebreeuse uitspraak van Jesus se naam. Daar is baie transliterasies in ander tale. Transliterasies is egter nie ander name nie, maar verskillende uitsprake van 'n persoon se naam. Die betekenis verander nie.
3. Elke mens se begrip van die Vader, Seun en Heilige Gees is uniek. Dit is onskriftuurlik om dogmaties voorskriftelik te wees. .