Daar is 'n tyd vir alles.
Die Groot Opdrag: Die Volle Evangelie Sending
Mat 28:18-20 En Jeshua het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Gaan dan heen en maak dissipels van al die nasies, [doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees]; en leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.
Ons leringe gaan gratis beskikbaar wees op hierdie webwerf.
In 2002 het die woord tot my gekom om mobiel te word en om te beweeg. In 2020 het die woord tot my gekom om dissipels van al die nasies te gaan maak en hulle te leer om alles te gehoorsaam wat Yeshua ons beveel het. Dit is wat ek doen (alles wat ek besit pas op my motorfiets).
Ons kan nie almal persoonlik gaan nie, maar ons kan almal betrokke wees by die Groot Opdrag. Diegene wat gaan het die ondersteuning van 'n span nodig. U word uitgenooi as medewerker om die volle evangelie te verkondig van Jeshua die Messias (Jesus Christus). Ons fokus is om dissipels te maak van "bekeerlinge".
Huisvesting: Ek sal graag vir jou en/of jou groep wil kom besoek om ons boodskap en ons missie met julle (en almal wat God op my pad stuur) te deel, as julle verblyf vir my kan verskaf of organiseer (dit is net ek en my motorfiets, en ek het 'n tentjie indien nodig):
Mat 10:11-13 En in watter stad of dorp julle ook al mag ingaan, ondersoek wie daarin waardig is (gasvry), en bly daar totdat julle vertrek. En as julle die huis ingaan, groet dit (en sê: Vrede vir hierdie huis!). en as die huis dit waardig is, laat julle vrede daarop kom, maar as dit nie waardig is nie, laat julle vrede na julle terugkeer.
3 Joh 1:5-8 Geliefde, jy handel getrou in alles wat jy doen vir die broeders, en dit vir vreemdelinge, wat van jou liefde voor die gemeente getuig het. Jy sal goed doen as jy hulle voorthelp op ‘n voor God waardige wyse. Want vir sy Naam het hulle uitgegaan sonder om iets van die ongelowiges te neem. Ons behoort dan sulke mense goed te ontvang, sodat ons mede-arbeiders van die waarheid kan word.
Mat 25:37-40 Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Meester, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee? En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee? En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom? En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.
Finansiële ondersteuning: Dit is 'n Bybelse beginsel om voltydse verkondigers van die evangelie te ondersteun. Dit word tot jou krediet gereken (asof jy dit self gedoen het) as jy hulle ondersteun (veral as hulle die volle evangelie verkondig!):
1 Kor 9:14 So het die Meester ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe.
Luk 16:9 En Ek sê vir julle: Maak vir julle vriende deur jul bedrieglike rykdom te gebruik, sodat wanneer julle die lewe verlaat, hulle julle in die ewige wonings kan ontvang.
Fil 1:3-5 Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink. In al my gebede vir julle almal, bid ek met blydskap, oor julle deelname (vennootskap) aan die evangelie van die eerste dag af tot nou toe.
Fil 4:15-17 En julle Filippense weet ook, dat in die begin van (my prediking van) die evangelie, toe ek van Macedonië vertrek het, het geen gemeente deel gehad in my rekening van uitgawe en inkomste nie, behalwe julle alleen. En ook in Thessalonika het julle vir my behoefte meer as een maal iets gestuur. Nie dat ek die gawe soek nie, maar ek soek die vrug wat oorvloedig word (gekrediteer) op julle rekening.
Mar 9:41 Want elkeen wat vir julle in my naam ‘n beker water gee om te drink, omdat julle aan die Messias behoort, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.
Bankbesonderhede:
Naam van rekening: Moadim
ABSA Spaarrekening
Rekening nr: 9232 262 409
Takkode: 632005
Gebed: Ek praat van gereelde en ernstige gebed (nie net lippediens om jou gewete te streel nie). Dit is 'n opdraande stryd om die volle evangelie te verkondig. Die sending is onmoontlik sonder God, en dit kan baie gevaarlik en moeilik wees.
Laat weet my asseblief as jy jouself tot hierdie uitdagende bediening wil verbind deur by ons sendinggebedspan aan te sluit. Alle gebede word waardeer, maar vir hierdie span wil ons asseblief net toegewyde voorbidders hê. (As daar 'n noodgeval is dan wil ek graag weet dat ek op jou kan staatmaak, dat ek nie alleen is nie).
2 The 3:1 Verder, broeders, bid vir ons, sodat die Woord van die Here vinnig mag versprei en verheerlik word, net soos by julle.
Vervoer: My opdrag om mobiel te raak en te beweeg, is in 2020 herhaal. Om mobiel te wees en te beweeg beteken dat ek 'n nomade is. My motorfiets is my huis en basis. Enige hulp en raad om my lewe op die pad te ondersteun word waardeer. My motorfiets en toerusting is op hierdie stadium nie geskik vir internasionale reise nie.
U ondersteuning word opreg waardeer, mag Abba jou ryklik seën
Seënwense en shalom